Inspiration & process
Die storie begin met twee jong mense wat diep verlief is. Hulle het ’n eenvoudige, mooi verhouding. Hulle lag saam, hou hande vas, stap deur die kosmos veld en drooe oor hul toekoms.
Hulle het ’n spesiale plek — ’n veld waar die kosmosblomme elke jaar blom. Dit is hulle plek. Daar het hulle belowe dat hulle, maak nie saak wat gebeur nie, altyd vir mekaar sal lief wees.
Een van hulle moet weggaan. Nie omdat hulle liefde verby is nie, maar omdat die lewe hulle dwing om ’n moeilike keuse te maak. Hulle staan by hulle spesiale kosmosveld. Daar is trane, maar niemand wil eerste totsiens sê nie. Hulle kyk saam op na die sterre.
Hulle belowe mekaar, wanneer die kosmos weer blom, sal hulle mekaar weer tussen die Kosmos sal vind. Dan stap hulle in verskillende rigtings weg.
Die boodskap van die liedjie:
Ware liefde beteken nie altyd dat jy iemand kan vashou nie. Soms beteken dit om hulle te laat gaan, met die hoop dat julle paaie eendag weer sal kruis.
En die kosmosblom word die simbool van hulle liefde — elke jaar blom dit weer, net soos die hoop dat hulle liefde ook eendag weer sal blom.
Lyrics
# As Die Kosmos Blom
**Vers 1**
Ons het ons drome
tussen sterre neergeskryf,
met beloftes wat die nag bewaar.......
Twee harte aan mekaar verbind,
maar die lewe het ons op 'n ander pad laat stap,
**Pre-Koor**
Moenie vanaand hartseer wees nie,
want ons liefde ken geen einde nie.
Ons kyk op na dieselfde hemel,
wat ons toe vou onder sy kombers.
Elke ster sal oor jou waak
tot die dag wat ons weer saam sal staan.
**Koor**
**As die Kosmos blom,
sal ons mekaar weer vind,
waar die son se eerste strale
die horison sag omhels.
Al raak die wêreld te groot
en skei die paaie wat ons loop,
sal ons liefde altyd bly bestaan.**
**As die Kosmos blom,
en die sterre weer ontwaak,
sal my hand joune vind...
en dit nooit weer los nie.**
**Vers 2**
Ek sal jou naam soek
in elke sonsopkoms,
Ek sal jou glimlag in die maanlig sien.
**Brug**
As die jare soos komete
stil by ons verbygaan,
en die seisoene
ons herinneringe dra,
hou aan glo...
**Finale Koor**
As die Kosmos blom,
sal die wagtyd eindig,
en twee verlore harte
mekaar weer vind.
Want elke afskeid dra 'n belofte—
dat liefde ons altyd
terug na mekaar sal bring.
**Outro**
Wanneer die Kosmos blom...
sal ek daar wees.
Wanneer die sterre die pad vir ons lig maak
sal ons mekaar weer vind.
Credits
- registration
- {"previously_released":false}
- cover version
- {"is_cover":false}
Comments
Pin a comment to a moment in the track — markers appear on the waveform.