Die Laaste Een
How this song was made
AI-assisted · made with Suno
A human artist used AI tools on part of this track.
AI was used for
Declared by the artist on Sep 28, 2026, stored in a DDEX-compatible format.
Read the story behind this songInspiration & process
“Die Laaste Een” is ’n emosionele liedjie oor verlies, herinneringe en die besef dat daar soms ’n tyd kom wanneer jy alleen agterbly.
Die liedjie vertel van iemand wat deur die jare mense vir wie sy lief is, een vir een verloor. Elke persoon het ’n besondere plek in haar lewe gehad — mense saam met wie sy gelag, gehuil, grootgeword en belangrike oomblikke gedeel het.
Met elke afskeid word ’n stukkie van haar wêreld stiller.
Op ’n dag besef sy dat sy die een is wat nog oor is. Sy kyk terug na alles wat verby is en wonder hoe sy moet aangaan wanneer so baie van die mense wat haar lewe betekenis gegee het, nie meer daar is nie.
Maar tussen die hartseer lê daar ook iets mooi.
Want mense wat ons verloor, verdwyn nooit heeltemal nie. Hulle bly voortleef in ons herinneringe, in die dinge wat hulle ons geleer het, in die stories wat ons vertel en in die liefde wat hulle agtergelaat het.
“Ek’s die Laaste Een” gaan daarom nie net oor afskeid nie. Dit gaan oor die persoon wat agterbly — die een wat moet leer om die herinneringe saam met haar te dra en steeds vorentoe te stap.
Want om die laaste een te wees, beteken nie dat jy alleen is nie.
Dit beteken dat jy die stories, die liefde en die herinneringe van almal wat voor jou gegaan het, saam met jou dra.
Lyrics
DIE LAASTE EEN
Vers 1
Daar’s ’n stilte in my hart,
wat ek nie kan verklaar nie.
Ons was nooit perfek nie,
maar die verlies hang swaar.
Ek kyk terug....,
na die mense wat eens was.
Nou is daar net herinneringe,
en ’n stilte in hulle plek.
Pre-Chorus
Wanneer die trane kom,
en ek nie meer weet wat
om te doen nie,
kyk ek op na bo
Here sien my pyn!!!!
Chorus
Ek is die laaste een,
maar ek is nie alleen nie.
Ek dra ons stories en
herinneringe in my hart.
Daar’s ’n leë plek binne my,
wat nie vining sal gaan nie.
Maar die Here sien my pyn,
Hy sal my deur dit dra.
Here help my glo!!
AS ek swak is
ek sal bly staan.
Al verstaan ek nie die pad nie,
weet ek Hy sal by my wees.
Vers 2
Ek het my eie mense,
’n huis vol liefde,
baie om voor dankbaar te wees.
Maar daar’s ’n deel weg
'n deel wat leeg en eensaam is.
Soms as die herinnering my
bekruip sonder waarskuwing.
Dan voel ek weer die eensaamheid,
maar ek weet julle is hier by my.
Pre-Chorus
Want wanneer my hart swaar raak,
en ek nie weet waarheen nie,
fluister iets diep binne my:
....... "Hartjie, Ek is nog hier.” [Talking ]
Chorus
Ek is die laaste een,
Here ek is nie alleen nie.
Ek dra ons stories in my hart,
en kyk vorentoe.
Daar’s ’n leë plek binne my,
'n hartseer wat ek nie kan stil nie.
Maar die Here sien my pyn,
Hy vat my hand, hou my vas.
Wanneer my hart swaar raak,
en ek nie weet waarheen nie,
voel ek U teenwoordigheid,
en weet ek U is hier by my.
Bridge
Ek hoef nie sterk te wees nie,
ek hoef nie alles te verstaan nie.
As my krag my verlaat,
weet ek Jou liefde is altyd daar.
Môre het nog geen beloftes
die pad nog duister.
Maar met geloof in my hart
weet ek Jy is daar met elke tree.
Final Chorus
Ek is die laaste een,
maar ek is nie alleen nie.
Ek dra die verlede in my hart,
maar daar’s hoop vir môre.
Daar’s ’n leë plek binne my,
maar Jou liefde dra my.
Here sien my pyn,
Ek sal bly glo,
ek sal bly staan.
Wanneer ek Jesus ontmoet,
sal al my hartseer en
kommer verdwyn.
Outro
Ek is die laaste een…
maar ek is nie alleen nie.
Ek kyk met trane terug..
maar met geloof vorentoe.
Credits
- registration
- {"previously_released":false}
- cover version
- {"is_cover":false}
Playback quality
Integrated loudness
-16.8 LUFS
True peak
-3.2 dBTP
Measured once at upload with EBU R128, so playback applies a fixed trim instead of riding the level while you listen.
Available renditions
- Opus 64k · Data saver
- Opus 96k · Free
- AAC 128k · Premium
- AAC 256k · Professional
An adaptive ladder is packaged, so the stream steps bitrate mid-song on a weak signal. You hear the best rendition your plan unlocks.
Embed this song
Drop a 30-second preview player into a blog, press kit or newsletter.
Comments
Pin a comment to a moment in the track — markers appear on the waveform.