Song

Mosambiek roep my

VELDBRAND™·4 plays
English99 BPMA# major

How this song was made

AI-assisted · made with Suno

A human artist used AI tools on part of this track.

AI was used for

InstrumentationVocalsPersona

Declared by the artist on Nov 1, 2026, stored in a DDEX-compatible format.

Read the story behind this song

Inspiration & process

Die Storie Agter die Lied – Mosambiek Roep My

Veldbrand Ki

Daar is plekke waarheen jy nie net gaan vakansie hou nie. Dis plekke wat deel van jou word. Mosambiek is so 'n plek.

Die liedjie gaan oor daardie bekende gevoel wanneer jy die pad vat, deur Resano Garcia ry, soms ure by die grens staan en wonder hoekom die pad so lank is. Maar niemand gee eintlik om nie, want almal weet wat wag aan die ander kant.

Die warm son, die see, Bilene se rustige strandmeer, die sand tussen jou tone, 'n yskoue R&R in jou hand en daardie lekker kuier saam met vriende. Hier vergeet jy vir 'n rukkie van werk, probleme en die gejaag van die lewe.

Dis nie oor luuksheid of groot dinge nie. Dis oor die eenvoudige goed wat 'n mens gelukkig maak. Kaalvoet in die sand, lag tot laat en die rustigheid van die water wat jou weer laat asemhaal.

Mosambiek Roep My is 'n lied vir almal wat al daardie gevoel ken. Vir die mense wat elke keer sê hulle gaan net weer een keer, maar diep binne weet hulle: hulle sal altyd terugkom.

Want party plekke besoek jy net. Ander plekke roep jou terug.

En Mosambiek? Hy roep my naam.

Lyrics

Verse 1

Mosambiek roep my, en ek antwoord terug……….

Ja ek antwoord terug.

By Resano Garcia staan ons lank in die ry,

maar niemand kla nie—die see wag mos vir ons…….,

Paspoorte byderhand...

’n stempel,

’n glimlag, dan is ons amper vry.

Pre-Chorus

Die pad is vol slaggate, die grens vat sy tyd,

maar daar’s lag in die kar want die see is mos naby.

As ons eers daar is, is al die stress verby,

want selfs die wind voel anders hier.

Chorus

Mosambiek roep my, ek hoor jou naam,

Mosambiek roep my—ek kom weer, ek kom weer.

Langs die meer en die see, ver weg van alles af,

daar waar my hart en my kop kan rus.

(Ooohh) Mosambiek roep my, en ek antwoord terug,

ek kom weer, (mmmm) ja ek kom weer.

Pre-Chorus

Met yskoue R&R’s wat vir ons wag,

en waar ons kaalvoet kan dans in die sand

ooohhh Dis lekker... flippen lekker

Chorus

Mosambiek roep my, ek hoor jou naam,

Mosambiek roep my—ek kom weer, ek kom weer.

Langs die meer en die see, ver weg van alles af,

daar waar my hart en my kop kan rus.

(Ooohh) Mosambiek roep my, en ek antwoord terug,

ek kom weer, (oooh) ja ek kom weer.

Bridge

Bilene waar die meer se warm water blink,

en die sout op my vel my alles laat vergeet.

Hier vind my hart weer sy ritme,

dis hier waar ek rustig asem kan haal.

Final Chorus

Mosambiek roep my, ek hoor jou naam,

Mosambiek roep my—ek kom weer, ja ek kom weer.

Langs die meer en die see, ver weg van alles af,

daar waar my hart en my kop kan rus.

(Ooohh) Mosambiek roep my, en ek antwoord terug,

ek kom weer, (mmmm) ja ek kom weer.

Outro

As ek eendag oud en grys moet word,

Sal ek nog hierdie pad wil ry.

Want elke keer as my siel moeg raak……..

Roep Mosambiek my terug.

Credits

registration previously released
No
cover version is cover
No

Playback quality

Integrated loudness

-15.9 LUFS

True peak

-3.2 dBTP

Measured once at upload with EBU R128, so playback applies a fixed trim instead of riding the level while you listen.

Available renditions

  • Opus 64k · Data saver
  • Opus 96k · Free
  • AAC 128k · Premium
  • AAC 256k · Professional

An adaptive ladder is packaged, so the stream steps bitrate mid-song on a weak signal. You hear the best rendition your plan unlocks.

Embed this song

Drop a 30-second preview player into a blog, press kit or newsletter.

Comments

Pin a comment to a moment in the track — markers appear on the waveform.

0:000 moments3:38

Sign in to join the conversation.

No comments yet.