Song

Boerboel Broekie

Lizzi·2 plays
Afrikaans139 BPMF major

Inspiration & process

Die storie begin by ’n lekker kuier, braai of sokkie waar ’n groep vriende saam kuier. Die meisie staan saam met haar vriendinne en gesels wanneer sy hom skielik sien.

Daar stap hy in. Rustig. Kalm. Heeltemal onbewus van die effek wat hy op almal het. Sy kyk vinnig.

Dan kyk sy weer.

Sy probeer maak asof sy glad nie belangstel nie… maar haar oë verraai haar.

Die ou stap deur die vertrek asof hy nie eens agterkom dat die meisies se koppe een vir een draai nie. Elke keer as hy verby iemand stap, kyk hulle hom agterna.

Die meisie probeer haarself oortuig:

“Moenie kyk nie…”

Maar natuurlik kyk sy weer.

Later staan hy by die tafel saam met die ander mense. Hy lag en gesels en almal probeer sy aandag kry.

Maar dan gebeur iets anders.

Sy oë ontmoet hare.

Vir ’n oomblik kyk hulle net vir mekaar.

Hy glimlag.

Sy kyk weg.

Maar wanneer sy weer kyk, staan hy nog steeds en kyk na haar.

Nou begin sy wonder:

“Is hy besig om met my te flirt… of is dit net daai Boerboel-broekie?”

Al die geraas om hulle verdwyn amper.

Hy begin stadig in haar rigting stap.

Sy sien hom aankom en probeer haarself kalm hou.

Hy glimlag.

Sy glimlag terug.

Maar net toe dit lyk asof iets romanties gaan gebeur…

Sy kyk af.

Na die broekie.

Dan kyk sy weer op na hom.

Sy probeer ernstig bly…

Nou is daar geen wegkomkans nie.

Hy weet sy kyk.

Sy weet hy weet sy kyk.

En die hele groep is besig om die situasie raak te sien.

Hy stap verby haar met daai selfversekerde glimlag.

Sy draai haar kop om hom dop te hou.

Dan sê sy half vir haarself:

“Ag nee… daai Boerboel-broekie!”

Sy kyk hom op en af.

Hy vra:

“Wat kyk jy?”

Sy probeer haarself hou…

kyk weer af…

en antwoord:

“Niks nie…” te skaam om te herken dat sy na sy Boerboel broekie kyk.

Lyrics

Ooooo hweee

“Kyk daar…”

Vers 1

Hy stap so rustig en koel,

Daai smile steel asems,

Een kyk ....

en die pret begin.

Hy loop nonchalant,

Asof niemand hom sien nie,

Maar elke meisie weet

Presies wat ek bedoel.

Pre-Koor

Een kyk, twee kyke,

Oeps — daar kyk hy alweer!

Een stap, twee stappe,

Nog ’n kop draai,

As daai ou verbykom,

Niks kan hom stop nie!

Koor

Oë loer, koppe draai,

Boerboel-broekie — ai, ai, ai!

Styf en reg,

Hy weet presies wat hy doen…

BOERBOEL-BROEKIE!

Kyk hoe steel hy die show!

Daai kuite, daai boude,

Maak die meisies mal,

Hy stap verby —

En almal kyk!

Maar ai.......

Daai Boerboel-broekie!

Weet jy wat jy aan ons doen?

Vers 2

Hy staan by die tafel,

Lag en gesels,

Elke meisie soek sy aandag,

Elke een wil sy oog vang.

Tussen al die mense

Kry sy oë myne.

Hy glimlag

Ek kyk weg,

ek se niks nie,

Maar daai smile.........

Pre-Koor

Een kyk, twee kyke,

Oeps — daar kyk hy alweer!

Een stap, twee stappe,

Nou’s hy amper hier…

Jy en daai broekie,

maak dit moeilik vir my!

Koor

Oë loer, koppe draai,

Boerboel-broekie — ai, ai, ai!

Styf en reg,

Hy weet presies wat hy doen…

BOERBOEL-BROEKIE!

Kyk hoe steel hy die show!

Daai kuite, daai boude,

Maak die meisies mal,

Hy stap verby —

En almal kyk!

Boerboel-broekie!

Ai, ai, ai!

BOERBOEL-BROEKIE!

Wat vang jy aan ?

Brug – musiek drop, speels

Almal wil hom hê,

Almal wil hom ken,

Sy oë vang my —

Nou begin die pret!

Hy glimlag,

Ek glimlag …

Oe… boerboel-broekie…

Wat maak jy?

Break – half spoken / teasing

Een kyk…

Twee kyke…

Laaste Koor – groot, energiek

Oë loer, koppe draai,

Boerboel-broekie — ai, ai, ai!

Styf en reg,

Hy weet presies wat hy doen…

BOERBOEL-BROEKIE!

Kyk hoe steel hy die show!

Daai kuite, daai boude,

Maak die meisies mal,

Hy stap verby —

Almal kyk!

BOERBOEL-BROEKIE!

Ai, ai, ai!

Jy's in die moeilikheid —

BOERBOEL-BROEKIE!

Ai, ai, ai!

Outro – spoken

“Hier …"kom 'n ding"

“Maar ai......daai broekie…”

“Ag NEE, my bliksem,!”

Credits

registration previously released
No
cover version is cover
No

Playback quality

Integrated loudness

-14.3 LUFS

True peak

-4.0 dBTP

Measured once at upload with EBU R128, so playback applies a fixed trim instead of riding the level while you listen.

Available renditions

  • Opus 64k · Data saver
  • Opus 96k · Free
  • AAC 128k · Premium
  • AAC 256k · Professional

No adaptive ladder yet — the stream stays on one bitrate for the whole track. You hear the best rendition your plan unlocks.

Embed this song

Drop a 30-second preview player into a blog, press kit or newsletter.

Comments

Pin a comment to a moment in the track — markers appear on the waveform.

0:000 moments4:02

Sign in to join the conversation.

No comments yet.